Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 196 VAN 280

DIE DOEL VAN DISSIPLINE

Vandag se Bybelverse wys vir ouers wat hulle houding behoort te wees wanneer hulle hul kinders dissiplineer. Let op dat God lief bly vir sy kinders, al moet Hy hulle reghelp. Sy dissipline is nie bedoel as hewige straf nie, maar as 'n liefdevolle daad om groei en volwassenheid aan te moedig.

God se kinders is almal ongehoorsaam, net soos jou kinders ook sal wees. Soms reageer ons op maniere wat ons eie behoeftes bevredig in plaas daarvan om die groter doel van ons dissipline in ag te neem. Ons moet 'n plan hê, want daarsonder sal ons nie korrek kan optree nie. Wanneer jy kalm is, dink aan maniere om jou kinders te straf wat toepaslik sal wees. Identifiseer jou swakpunte ('n geneigdheid om te red, te preek of te skree) en dink aan ander maniere om te reageer. Dissipline wat kalm, konsekwent en met empatie toegepas word, sal nie sommer met rebellie gepaardgaan nie.

Wanneer dissipline met empatie en liefde toegepas word, help dit kinders om te groei.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com