Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

HOEKOM MOET ONS GOD GEHOORSAAM?
Het jy al gesien hoe 'n kind lyk wat gedwing word om verskoning te vra of "dankie" te sê? Die stywe rug en eentonige stemtoon wys hulle werklike gevoel. Soms tree ons ook so op as ons God moet gehoorsaam. Ons moet die vraag vra: "Hoekom dien ek die Here?" Wil ek in God se guns kom, sy seëninge verdien, ander beïndruk met my vroomheid of wil ek sy toorn vermy? Of is dit omdat Hy my beveel om gehoorsaam te wees?
Soos ons gebombardeer word met die eise van lewe op aarde, verloor ons dikwels die ewige perspektief uit die oog. Begin jou dag deur te erken wie Hy is en wat Hy gedoen het. Dit sal jou help om gehoorsaam te wees; nie soos 'n robot nie, maar uit dankbaarheid wat uit jou hart kom. Hy het immers vir jou die grootste geskenk ooit gegee: Jesus Christus. Jy het hierdie geskenk gekry lank voor jy in staat was om Hom te dien.
Wees gehoorsaam aan God omdat jy Hom bo alles liefhet.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com