Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 187 VAN 280

LEWE MET 'N EWIGHEIDSINGESTELDHEID

Wanneer iemand jou vra: "Hoe gaan dit?" antwoord jy heel moontlik: "Besig!" Soos wat ons probeer om 'n balans te handhaaf tussen ons gesin, ons vriende, die skool, die kerk, en nog meer, is ons geneig om besig te wees met elke dag se bedrywighede en vergeet ons die ware doel van ons tyd hier op aarde. Wanneer ons op ons ewige hoop fokus, kan ons dinge egter in die regte perspektief plaas.

In vandag se Skrifgedeelte vra Dawid vir die Here om hom te herinner aan hoe kort die lewe is. Hoekom? Sodat hy gefokus kon bly op die ewige lewe wat voorlê. Ons arbeid is verniet as ons nie op die Here gefokus bly nie. Eendag sal ons liggame verander word en sal ons vir ewig saam met Christus lewe in verheerlikte liggame. Prys God!

Dit wat jy nou doen moet 'n weerspieëling wees van jou ware doel op aarde.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com