Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DIEN ANDER MENSE
Daar is so baie nood om ons, dat ons gesinne baie geleenthede het om goed te doen aan ander. Die meeste van ons sal seker saamstem met Paulus se raad; moenie huiwer om ander mense te dien nie. Die vraag is: "Waar begin ek?" Paulus gee goeie raad. Ons barmhartigheid moenie beperk wees tot medegelowiges nie, ("doen goed aan almal") maar ons broers en susters in Christus moet ons eerste prioriteit wees ("veral aan ons medegelowiges").
Liefdadigheidswerke is 'n wonderlike manier om dankbaarheid by jou kinders te kweek en te keer dat hulle hulself die reg op alles toeëien. Soek vir 'n plek waar jou gesin op 'n gereelde basis saam liefdadigheidswerke kan verrig. Maak seker dat jou plaaslike medegelowiges ook hierby ingesluit word. Almal sal geseënd wees as jou gesin ander saam dien.
Maak dit 'n prioriteit in jou gesin om ander, veral medegelowiges, te dien.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com