Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 186 VAN 280

'N OUER SE PYN

Vandag se teksvers (Johannes 16:33) sê: "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”

"'n Ma is so gelukkig soos haar ongelukkigste kind." Jy kan jou heel moontlik met hierdie konsep vereenselwig. Dit is moeilik om nie deur die stryd van jou kinders meegesleur te word nie. Jesus het ook hierdie neiging waargeneem en daarom het hy 'n ewige perspektief as oplossing gebied. Wanneer jy seker is oor jou toekoms, sal jy jou huidige probleme beter kan hanteer. 'n Ewigheidsingesteldheid sal jou help om 'n perspektief te behou wat vol hoop is. Ons eintlike tuiste is tog nie in hierdie wêreld nie!

Wanneer dit moeilik gaan met jou kinders, moet jy onthou dat Christus die wêreld oorwin het en dat ons eendag by Hom sal wees. Tot dan moet ons nie die genietinge van hierdie wêreld meer begeer as Christus nie. Vind vertroosting in die feit dat hierdie lewe slegs tydelik is. Laat toe dat jou pyn jou help besef dat jy totaal en al van God afhanklik is.

Onthou dat jou tuiste in die hemel en nie op die aarde is nie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com