Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

GESPREKKE OOR KINDERS
Om te kan sien hoe ons kinders presteer, is een van verskeie seëninge van ouerskap. Baie ouers het onmiddellik aanklank gevind by die Van Der Burghs toe die TV kameras gewys het hoe hulle hul seun, Cameron, aanmoedig tydens die 2012 Olimpiese Spele. Hulle entoesiasme was beloon toe hy die wêreldrekord in die 100m borsslag gebreek het. Ouers kan sulke oomblikke geniet, maar dit laat die vraag ontstaan, waar eindig opgewondenheid en waar begin spogtery?
Galasiërs 5:26 sê: "Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie." Was jy al in gesprekke met ander ouers betrokke waar jy hulle beny het of trots was op jou kinders se prestasies? Dit wil voorkom of baie ouers hulleself wil laat geld deur hulle kinders. Ons word egter aangeraai om dit nie te doen nie. Wanneer ons met ander oor ons kinders praat, kan ons vandag se Skrifgedeeltes gebruik om ons motiewe te ondersoek.
Word God verheerlik as jy oor jou kinders praat?

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com