Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 190 VAN 280

LEIERSKAP ONDER SPANNING

Goeie gesinsleiers het 'n innerlike krag en geloof wat hulle toelaat om geduldig en kalm op te tree. Josef was so 'n leier. Tydens drie verskillende gebeurtenisse het hy die opdragte van die Engel van die Here gehoorsaam alhoewel dit hom persoonlik en finansieel baie gekos het. Ten tyde van hierdie vreesaanjaende gebeure, was Josef se reaksie nie deur paniek of vrees gedryf nie. Sy optrede het sy diep en oortuigende geloof in God gedemonstreer.

Wanneer ons in God glo, sal ons omstandighede nie meer ons vrede en tevredenheid beïnvloed nie. Dan sal ons geduldig wees en op God se tydsberekening staatmaak in plaas daarvan om ons eie agenda te hê.

As jy dikwels oorweldig en vreesbevange voel in jou leierskaprol as ouer, dink na oor waar jou vertroue gesetel is. Min van ons sal uitgedaag word om God op so 'n dramatiese manier soos Josef te gehoorsaam, maar ons kan toelaat dat sy voorbeeld ons inspireer om ons gesinne met kalmte en geloof te lei.

Laat jou geloof jou die krag gee wat sal toelaat dat jy met geduld en kalmte lei.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com