Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

DEEL JOU SEËNINGE
Nadat Jesus die bose geeste uit 'n man gedryf het, wou hy saam met Hom gaan. Dalk was hy skaam om in die omgewing te bly, omdat mense hom so lank al gespot het. Jesus het egter gesê dat hy moes bly en vertel wat God vir hom gedoen het. Die man was gehoorsaam en het vir die mense in sy omgewing vertel van die wonderwerk wat gebeur het en hulle was verbaas om dit te hoor. Wat was sy boodskap? Jesus het my aangeraak en ek is nie meer dieselfde nie.
Kan jou kinders sien dat jou lewe verander het? Die beste manier wat jy kan gebruik om jou kinders van Jesus te leer, is om hulle te vertel wat Hy vir jou gedoen het. Dit gaan gepaard met 'n intieme verhouding met Hom.
Jy kan God se seëninge vermenigvuldig deur dit met ander te deel.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com