Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

OORWELDIG DEUR 'N OORMAG
Die Israelitiese weermag van 32 000 manne het min geklink in vergelyking met die Midianitiese weermag van 135 000 manne. Selfs 32 000 was nog te veel na God se sin. Hy het Gideon beveel om die weermag te verminder tot 300 manne! Voor die veldslag het Gideon God aanbid en sy manne in drie afdelings verdeel. Hulle wapens was beuels en leë erdepotte met fakkels in!
God wou hê Israel moes weet dat die oorwinning nie op krag en getalle sou neerkom nie, maar dat dit gegaan het oor gehoorsaamheid en toewyding aan Hom. Die bewys was dat die Midianitiese weermag verslaan is sonder dat die Israeliete enige swaarde gebruik het.
Wat is daar in jou lewe wat vir jou onoorkomelik voorkom? "Midianiete" doen hulle soms voor as ouerskapsuitdagings en dan voel ons oorweldig deur die oormag. Wat ook al oor jou pad kom, onthou dat die geveg aan die Here behoort. Moenie dat vrees jou geloof verdryf nie. Jy moet soos Gideon wees. Onthou dat ons nooit behoorlik voorbereid is vir 'n geveg voor ons nie in aanbidding voor God gebuig het nie.
Glo en vertrou dat God vir jou sal veg.

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com