Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 184 VAN 280

OM GESIEN EN GEKEN TE WORD

Alhoewel sy nie om hulp geroep het nie, het Jesus die weduwee, wat haar seun verloor het, gesien. Hoe wonderlik is dit nie om deur die Seun van God gesien te word nie! Hy het haar nie net gesien nie, maar die Bybel sê dat Hy haar innig jammer gekry het. Hy was bewus van haar lyding.

Wat 'n bemoediging is dit nie vir ons as ouers nie! Jesus sien ons ook, maar nie net toevallig of op 'n ongevoelige manier nie. Hy voel ons pyn en Hy ken ons stryd. Jy kan vertroosting vind deur te weet dat Hy jou ook innig jammer kry as jy, as 'n ouer, deur moeilike en pynlike omstandighede gaan. Onthou dat jy nie alleen is nie. Hy loop elke dag saam met jou.

Die Seun van God ken jou en is lief vir jou.
Dag 183Dag 185

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com