Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 164 VAN 280

'N VERLIGTING

Ouers maak almal foute. Ons skree op ons kinders, ons kerm, ons vermaan, ons red hulle uit hulle penaries, straf hulle swaar, ens. Dis nie 'n verrassing vir God nie. Hy weet daarvan en is bereid om ons te vergewe. Jy kan jou skuld en skaamte aan Hom oorgee. As jy na Hom toe gaan en belydenis doen, sal hy jou selfsugtigheid en verwaarlosing wegneem.

Dit is 'n groot verligting! God is in beheer en Hy is gewillig om jou te help met jou kinders se opvoeding. As jy iets verkeerd doen, sal Hy jou help om nederig te bly, maar dan moet jy jou sonde bely en Hom om vergifnis vra. Soms gebruik God selfs ons foute as geleenthede om ons kinders op 'n meer persoonlike vlak te leer ken.

Vertrou op die perfekte Ouer, dan sal Hy al jou foute regmaak.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com