Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

PUT UIT DIE KRAGBRON
Die apostel Paulus het geweet dat geloof die sleutel tot 'n gehoorsame lewe is. Deur geloof kan ons mekaar meer liefhê en in moeilike tye volhard (2 Tessalonisense 1:3-4). In vandag se Skrifgedeelte wys hy vir ons hoe geloof en krag verband hou.
Deur geloof ontvang ons God se krag om sy doel vir ons lewens te kan bereik. Dit is soos die batterylaaier van my skootrekenaar. As dit nie ingeprop is nie, sal die battery nie herlaai nie, en sal my skootrekenaar binne 'n kort tydjie doodgaan. Wanneer ek die kragkabel ingeprop hou, herlaai die battery en ek kan vir langer tye aanmekaar werk.
As ons op ons eie krag staatmaak om die regte ding te doen, sal ons gou gefrustreerd raak wanneer ons aan die einde van ons menslike vermoëns kom. As ons Jesus verheerlik en ons aan sy wil vir ons lewens onderwerp, put ons krag uit 'n bron wat sterker is as ons menslike wil.
Deur gebed en geloof kan jy uit God se kragbron put.

Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com
Verwante Leesplanne

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy

Die sin van die lewe

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?

7 Lewensbesluite vir geestelike krag

Die deur is toe; wat nou?

Die krag van ’n biddende vrou

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Tye van groei