Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 159 VAN 280

LEEF VOLGENS DIE WAARHEID

Ons moet nie net tyd inruim om die Woord te bestudeer en daaroor te gesels nie, maar ons moet dit ook uitleef. Ander mense, ons kinders ingesluit, kyk na ons om te sien hoe gelowiges veronderstel is om te leef.

Warren Wiersbe sê: "Deesdae is daar so baie Christene wat daarop klem lê dat die waarheid beskerm moet word, maar hulle lê nie genoeg klem op die feit dat dit uitgeleef moet word nie. Een van die beste maniere om die waarheid te beproef is om dit prakties toe te pas. Ons moet nie net ons geloof beskerm nie, maar ons moet dit ook demonstreer. Dit was nie vir Lasarus nodig om lesings oor die opstanding te gee nie. Mense hoef maar net na hom te gekyk het om te glo."

Demonstreer vir jou kinders geloof in die praktyk.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com