Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 158 VAN 280

ONMIDDELLIKE BEVREDIGING

Vandag se bekende Bybelverhaal is 'n baie goeie voorbeeld van die gevaar van onmiddellike bevrediging.

Na 'n daglange gejag, was Esau baie honger en wou nie vir sy ete wag nie. Hy het die bredie geruik wat Jakob gemaak het en moes dit net in die hande kry! Jakob het die geleentheid gesien en daarvan gebruik gemaak om Esau se geboortereg in ruil vir 'n bord kos in die hande te kry. Esau kon sy lus nie langer hou nie en het in Jakob se strik geval. Hy het sy geboortereg verloor en Jakob het die vader van die nasie van Israel geword.

Dit is 'n goeie verhaal om aan jou kinders te demonstreer dat dit nie 'n goeie idee is om vandag tevrede gestel te word en uit te mis op iets beter wat in die toekoms gaan gebeur nie. Help jou kinders om te besef dat onmiddellike bevrediging ewige, negatiewe gevolge kan hê.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com