Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WANNEER ONS MOEG WORD
Hoe dikwels smag ons nie na sekuriteit en krag nie? As ouers, seker baie gereeld! Daar sal kere wees wanneer ons verder moet kan sien as ons huidige stryd; om te sien wat God vir ons in die toekoms beplan. Soms sal ons die lewe vanuit God se ewige perspektief moet bekyk. In vandag se Skrifgedeelte erken Dawid die hoër "rots" as 'n plek van veiligheid en krag en hy weet dat net God hom soontoe kan lei.
Ouerskap kan jou soms moeg maak, maar God wil hê dat ons in sulke tye Hom vir sekuriteit en krag moet vra. Jakobus 1:5 sê: "As een van julle wysheid kortkom, moet hy dit van God bid, en Hy sal dit aan hom gee." Wysheid is een manier waarop God jou bo jou omstandighede kan uitlig.
Onthou dat jy nooit beperk is tot jou huidige situasie nie. Vertrou God om jou na 'n hoër plek toe te neem en jou 'n ewige perspektief te gee!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com