Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

WIE IS JOU VADER?
Ek onthou, toe ek op skool was, dat ek in 'n gang afgeloop het en 'n pa net buite die hoof se kantoor hoor praat het. Sy stem was dringend, maar nie kwaai nie.
"Wie se seun is jy?" het die pa gesê en sy tienjarige seun stip in die oë gekyk. Die seun het skaam weggekyk. "Kyk na my," het die pa gesê, "en antwoord die vraag. Wie se seun is jy?" Met trane in sy oë het die seun na sy pa gekyk en skaam gesê: "Joune." "Nee, my seun, ek wil hê jy moet dit hardop en met trots sê," het die pa gesê. "EK IS JOU SEUN!" Die seun het dit hard geskree terwyl hy sy pa in die oë kyk. Dadelik het die pa hom omhels.
Ek het later uitgevind dat die seun 'n swaar straf ontvang het omdat hy een van die skool se reëls oortree het. My oë was vol trane terwyl ek vandag se teksvers onthou. Wanneer ons Jesus Christus as ons verlosser aanvaar, word ons kinders van God. Ons kan aan ons hemelse Vader uitskree: "EK IS JOU KIND!"
Dra God se onvoorwaardelike liefde oor aan jou kinders. Ruim tyd in om vir Hom dankie te sê vir sy ewige genade!

Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.
More
We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com
Verwante Leesplanne

12 Groot Foute Wat Ouers Kan Vermy

Lewe ek in die Lig van God se Waarheid

Die Troos van die Psalms in die Stryd van die Lewe

Ongebroke Gemeenskap met die Vader: 'n Studie van Intimiteit in Johannes

Groei in geloof

Die deur is toe; wat nou?

Net ek en U Here, getrouheid in die geheime plek - PC Pretorius

Tye van groei

Is ek sout en lig soos die Woord van my vra?