Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 151 VAN 280

OUERSKAP SONDER SKULDGEVOELENS

In deesdae se samelewing hoor ons dikwels dat skuldgevoelens 'n slegte ding is. Sielkundiges beweer dit is die gevolg van 'n swak selfbeeld. Soms is skuldgevoelens net die natuurlike gevolg van ons sonde!

Hoe kan sondige ouers wat in 'n sondige wêreld leef skuldgevoelens vermy? Deur die verlossingswerk van Jesus Christus te aanvaar. Daar is niks so bevrydend as om ons sonde te bely en te erken dat Christus se offer aan die kruis ons verlos het nie! Wanneer ons vertrou dat ons Verlosser klaar die werk gedoen het, breek dit die kettings van slawerny wat ons skuldgevoelens veroorsaak het.

Ouers maak dikwels foute. Moenie toelaat dat daardie foute jou van God laat vervreem nie. Bely jou sonde, sterf vir die sonde en leef in geregtigheid!

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com