Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 150 VAN 280

VERTROU OP GOD

Waar plaas jy jou vertroue? Is dit vir jou moontlik om jou kinders te beheer of om hulle te dwing om die mense te word wat jy wil hê hulle moet word? Jeremia 17:5 sê: "Dit sal sleg gaan met iemand wat nie op My vertrou nie, maar op ander mense", want hy het geweet dat ons teleurgestel sal word as ons op menslike vermoëns vertrou. In plaas daarvan sê hy dat ons moet erken dat God betroubaar is en dat ons die verantwoordelikheid vir ons kinders se lewens aan Hom moet oorgee.

Jeremia vergelyk ons vertroue met 'n boom wat naby water geplant is. 'n Plant verlep as dit min of geen water kry. Ons as Christene het egter 'n kragtige, ewige watervoorraad wat ons help om in die moeilike tye staande te bly! Ons vertroue word versterk wanneer ons God se getrouheid erken en die baiekeer onthou wat Hy ons uit vrees na 'n plek van hoop gebring het.

Wanneer jy as ouer 'n "droogte" beleef, onthou dat God betroubaar is en maak staat op sy krag in plaas van jou eie.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com