Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 149 VAN 280

RUS VIR DIE VERMOEIDE

Watter ouer is nie moeg teen die einde van die dag nie?! Soms voel dit of ons eers eendag in die verre toekoms weer sal kan rus. Wanneer ek moeg en moedeloos voel, kyk ek na 'n yskasmagneet wat ek as geskenk gekry het. Dit sê: "Vrede. Dit beteken nie om op 'n plek te wees sonder geraas, moeilikheid of harde werk nie. Dit beteken om te midde van al hierdie dinge kalmte in jou hart te ervaar." Is dit moontlik?

In vandag se Skrifgedeelte nooi Jesus almal uit wat moeg en oorlaai is, om na Hom toe te kom. Hy stel nie voor dat daar geen geraas, moeilikheid of harde werk sal wees nie. Hy bied iets meer blywend en vervullend. Jesus wil hê dat ons vrede in ons siele moet ervaar en vry wees van die las van sonde en die nagevolge daarvan!

Doen jouself 'n guns en plaas jou laste in Jesus Christus se hande. Hy het alreeds die prys betaal en daarom kan ons vir sy vrede vra. Geniet die vrede wat alle verstand te bowe gaan, selfs te midde van chaos.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com