Onbeskaamde Ouerskap DagstukkeVoorbeeld

Parenting by Design Daily Devotional

DAG 148 VAN 280

DISSIPLINE VAN 'N LIEFDEVOLLE OUER

Die woord "dissipline" in vandag se Skrifgedeelte, beteken om "op te voed" of "om op te lei", eerder as om te veroordeel of te straf. Die meeste van ons besef dat ons dissipline op ons liefde vir en besorgdheid oor ons kinders gegrond is. Dis interessant dat dit dieselfde ouerlike liefde is wat God ook gebruik om ons in ons lewens te dissiplineer.

Hoe dissiplineer God ons? Dikwels gaan dit gepaard met die nagevolge van die foute wat ons gemaak het, maar dan stap Hy saam met ons om deur die nagevolge te werk. Wanneer ons uit die proses geleer het, gee Hy vir ons nuwe geleenthede om gehoorsaam te wees en help ons om te groei en volwassenheid te bereik op maniere wat ons nooit gedink het moontlik is nie.

Dit is belangrik om te onthou dat die doel van sy dissipline nie is om ons te verslaan nie. Romeine 8:1 sê: "God se oordeel is vir altyd verby vir elkeen wat aan Christus Jesus behoort." Hy wil eerder hê dat ons moet leer uit die dissipline, om na Hom te kyk, en aan te gaan! Wat 'n goeie voorbeeld is dit nie van 'n perfekte ouer nie!

Aanvaar die Here se dissipline as 'n uitdrukking van sy liefde. Gebruik Hom as 'n voorbeeld van hoe jy jou kinders moet dissiplineer.

Aangaande hierdie leesplan

Parenting by Design Daily Devotional

Die doel van hierdie oordenking is om uit te vind wat die Woord van God sê oor die uitdagings waarmee ouers te doen kry. Elke dag se leesstuk bevat 'n Skrifgedeelte en 'n toepassing, wat handel oor die struikelblokke en suksesse wat gesinne na volwassenheid in Christus kan lei. Die oordenkings is opgestel deur Parenting by Design, 'n Fort Worth bediening wat daarop toegespits is om ouers te leer hoe om hulle kinders in die weë van die Here groot te maak.

More

We would like to thank Parenting by Design for providing their daily devotional. For more information about Parenting by Design, please visit: www.parentingbydesign.com