Leesplan inligting

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 1 VAN 7

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself aan die evangelie herinner?



As jy net soos ek is, is jy geneig om die evangelie as vanselfsprekend te aanvaar en nie meer te bestudeer nie, omdat jy so vertroud daarmee is. Ons bêre dit iewers in ons onderbewussyn en gaan maar net met ons lewens voort. Om die evangelie daagliks te hoor, is egter vir ons nou net so nodig soos die eerste dag wat ons dit gehoor het.



As ons onsself elke oggend aan die evangelie herinner, sal ons wakker word met opregte dankbaarheid dat die taaiste stryd wat ons gedurende die dag in die gesig mag staar, alreeds gewen is.



Hoe anders sou jou lewe wees as jy die evangelie op 'n gereelde basis aan jouself sou verkondig?



Daar is baie maniere waarop die evangelie ons daaglikse lewe voordelig beïnvloed en vorm. Ons het almal nodig om gereeld herinner te word aan hierdie voordele, asook God se krag om dit te verstaan.



Te veel gelowiges dink dat die goeie nuus, ou nuus is. Ons het egter nie die evangelie te veel kere gehoor nie; en ons het dit ook nog nie genoeg gehoor nie. Net soos 'n pragtige diamant baie fasette het, het die evangelie 'n ewige skoonheid wat nooit uitgeput sal raak nie. Hoe meer ons na die evangelie kyk, hoe sterker en meer bevredig sal ons in ons geloof wees.



Ons moet gereeld deur die evangelie herinner word aan alles wat God vir ons gedoen het, want die evangelie versterk ons begeerte om aan God gehoorsaam te wees en moedig ons aan om Hom te dien. Wanneer ons besef hoeveel Hy gedoen het — hoeveel Hy aan ons deur middel van sy Seun gegee het — kan ons nie anders as om te verander en so bemoedig te wees dat ons Hom ons hele lewe wil gee nie. Selfs wanneer ons swak en kragtelose sondaars is wat sukkel om 'n volmaakte Redder na te volg, herinner die evangelie ons daaraan hoe geliefd ons is en hoeveel God in ons aan die werk is om ons te help om Hom te volg.



Daar is geen groter behoefte in jou Christelike lewe as om jou hart gereeld aan die waarheid van die evangelie te herinner nie.


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en ev...

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid