Leesplan inligting

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 6 VAN 7

In 'n stowwerige dorpie in Nepal, naby die skaduwee van Mount Everest, is sowat 80 persent van die meisies bestem om in bordele verkoop te word. Dis omdat hulle aan die laagste sub-groep van die laagste stand in die land, die Badi-mense, behoort. Volgens hulle godsdiens moes hulle in 'n vroeëre lewe 'n ernstige aantal sondes gepleeg het, sodat Karma hulle gestraf het deur hulle in hierdie lae stand terug aarde toe te bring. Mense help hulle nie eens nie, want hulle wil nie verhoed dat Karma hulle straf nie. As gevolg hiervan, is mensehandel van die Badi-meisies onder die hoogste per kapita op die planeet. Die stand waarin hulle gebore word, beteken dat hulle gedoem is om laer as 'n hond behandel te word, deur gebruik, verkoop en mishandel te word.



Dit is hier waar my vriend Ryan vir Landana, die mooiste tienjarige meisie, ontmoet het. Haar pa het ingestem om haar aan 'n Indiese bordeel te verkoop. Haar ma kon die gedagte nie verduur nie en het probeer verhoed dat haar man haar kosbare dogter verkoop. Maar hy wou niks weet nie. Hy het sy vrou begin slaan omdat sy nie hul dogter wou verkoop nie.



Toe hulle dit uitgevind het, het hulle dadelik, met behulp van die plaaslike maatskaplike werkers en wetstoepassers opgetree. Hulle het Landana na 'n plek van veiligheid geneem waar sulke meisies veiligheid, warmte, kos en liefde ontvang. Hier het Landana die evangelie gehoor. Sy het gehoor hoe ons deur Jesus in God se familie aangeneem word. Dit is die kragtigste deel van die evangelie vir baie in hierdie wêrelddeel.



Terwyl my vriend Ryan die evangelie met 'n ander Badi-meisie gedeel het, het hy aan haar gesê: "Volgens die evangelie is jou van nie meer Badi nie, jy is nou Jarla 'Christus' omdat jy nou in sy familie is, jy is nou deel van sy stand." Sy kyk verlig na hom met oë vol moontlikheid en hoop. "Kan dit waar wees?" het sy gevra. "Ja, dit is die grootste waarheid in die hele wêreld!"


Landana het met blydskap by God se familie aangesluit, en die skande van haar gesin, haar stand en haar bloedlyn agtergelaat. God het haar vader geword en sy liefde is die teenoorgestelde van 'n pa wat bereid was om sy dogtertjie te verkoop. Hy is die God wat bereid was om Homself vir dertig silwerstukke te verkoop om sy dogtertjie te red.



Die moderne denke kyk na die Christendom en wonder, "Hoekom bloed? Hoe kan jy oor die bloed van Jesus sing?" Maar diegene wat met die bloed van Christus gekoop is, weet dat ons nou 'n band deel wat baie dieper as ons bloedlyne hier op aarde is. Jesus nooi ons uit na 'n nuwe familie en 'n nuwe bestemming. Dit is hoekom Christene graag aan die bloed van Christus dink.



Hierdie evangelie gaan veel verder as om ons verlede van sonde te reinig; dit reinig ons voorouers, afkoms en uitgebreide familie se skande. Jy is nie meer hoofsaaklik deel van 'n aardse familie nie; jy het by 'n hemelse familie aangesluit. Die bloed van Jesus merk jou as familie tot in ewigheid. Ons het 'n nuwe familie-identiteit, 'n nuwe familiewapen, 'n nuwe nalatenskap, nuwe broers en susters en 'n nuwe van.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en ev...

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid