Leesplan inligting

Uitgekies: Herinner Jouself Elke Dag Aan Die EvangelieVoorbeeld

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

DAG 5 VAN 7

Ek het amper die boek laat val toe ek David Bentley Hart se vertaling van die woord “geseënd” in die Bybel lees. Die bekende geleerde praat van hoe die woord "geseënd" sy betekenis in ons kultuur verloor het: dit word deesdae gebruik vir “gelukkig” of “vreugde.” Hart beweer dat die regte betekenis baie nader aan ons woord  "salig" of " 'n staat van vervoering en geluk" is.



Dit is wat God vir ons in die evangelie gedoen het: Hy het aan ons elke ewige seën denkbaar gegee tot op die punt waar ons vol saligheid is!



Ons daaglikse keuse, ons daaglikse stryd, ons daaglikse beproewing is om te onthou of nie, te besef en om in hierdie werklikheid te leef.



En dit is nie op omstandighede gebaseer nie. Dit is regtig nie. ‘n Jong man, Meisha, het my dit op ‘n manier geleer wat ek nooit sal vergeet nie.



Meisha was ‘n vlugteling in ‘n oorlog-geteisterde land. Sy hele dorpie en alles wat hy ooit geken het is deur 'n onderdrukkende weermag vernietig, en hy is geforseer om deur 'n reënerige oerwoud, 'n soldaat se voorraad te dra terwyl hy in die loop van 'n geweer moes vaskyk — soortgelyk aan Jesus se dae toe 'n Romeinse soldaat 'n persoon gedwing het om sy uitrusting vir 1.6 km te dra.



Eendag het 'n soldaat 'n geweer op Meisha gerig en hom gedwing om 'n landmyn te ontlont. Die landmyn het ontplof en Meisha het beide sy hande en oë in 'n oogwink verloor. Hulle het hom daar gelos, onder die indruk dat hy dood was, maar hy het nie gesterf nie.



'n Aantal jare later het iemand met hom die verhaal van die lydende Verlosser gedeel. Hy kon hom nou met 'n God identifiseer wat sy pyn geken het. Sy lewe is glorievol verander.



Meisha is so vol salige opwinding oor die evangelie dat hy mense het wat hom van die een vlugtelingskamp na die ander neem, sodat hy die evangelie kan deel met diegene wat nog nie van Jesus gehoor het nie.



Meisha se vreugde is aansteeklik. Hy is baie gelukkiger as die meeste mense wat kan sien, wat beide hande het, en wat nie in armoede in 'n vlugtelingskamp hoef te oorleef nie. Sy vreugde spruit uit sy dankbaarheid vir die kruis. Meisha weet dat hy binnekort vir ewig by Christus gaan wees.



Meisha is 'n voorbeeld van iemand wat te midde van 'n vlugtelingskamp, die saligheid van die evangelie uitbundig uitleef. Hy verpersoonlik die geskrifte van die apostel Paulus, wat gesê het: “Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly” (2 Korintiërs 4:17).


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Chosen: Remind Yourself Of The Gospel Everyday

Wat sou gebeur as jy elke oggend wakker word en jouself herinner aan die evangelie? Hierdie 7-dag oordenking wil jou graag help om juis dit te doen! Die evangelie red ons en onderhou ons regdeur ons lewens. Skrywer en ev...

More

Baie dankie aan "Think Eternity" wat hierdie leesplan voorsien het. Vir meer inligting, besoek asb.: https://www.thinke.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid