Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 17 VAN 24

Hoe Lewe Ons Vreugde Uit Op 'n Persoonlike Vlak?


Toe Jesus in hierdie wêreld gebore is, het dit 'n groot impak gehad. Nie net het Hy gekom vir die vrylating van gevangenes nie (Lukas 4:18), Hy het ook gekom om aan sy volgelinge 'n splinternuwe identiteit te gee (2 Korintiërs 5:17). Het jy besluit om jou geloof en vertroue in Jesus Christus te stel? Indien wel, het jou hele identiteit verander!


Die liefde van Christus dring ons om vir Hom te leef en daarna te strewe om God te verheerlik in alles wat ons doen in plaas daarvan om die hele tyd te probeer om onsself te verheerlik. Dit is 'n lewenslange proses: om te leer om vir Jesus te lewe in plaas daarvan om vir onsself te leef.


Op 'n persoonlike vlak leef ons vreugde uit deur tyd deur te bring in gebed, die Bybel te lees en te vertrou op die Heilige Gees om ons te lei om tot inkeer te kom van ons ou weë en ons te lei na 'n nuwe lewe in Christus. God sal ons lei om te verstaan wat dit beteken om met vreugde 'n nuwe identiteit aan te neem.


Die evangelie is die dryfkrag agter ons nuwe identiteit. Soos ons vorder en al meer en meer besef hoe vol sonde ons werklik is, sien ons hoe heilig God werklik is. Met hierdie besef word dit wat Jesus aan die kruis gedoen het nog meer belangrik, en die kruis word elke dag groter. Hoe meer ons besef dat daar niks is wat onsself vir ons saligheid kan doen nie, omdat Jesus reeds alles vir ons gedoen het, hoe meer kan ons in vreugde leef met ons nuwe identiteit as volgelinge van Jesus.


Gesinne Met Jong Kinders


KINDERS: Hoe dink julle kan ons met vreugde leef? Lees Psalm 16:11 en Psalm 126:3. KINDERS: Wat sê hierdie vers vir ons oor vreugde? Wanneer ons tyd deurbring met God in gebed of ons Bybels lees, wys Hy vir ons hoe ons moet lewe en Hy maak ons lewens vreugdevol. Waaraan word ons herinner deur Psalm 126:3? (dat God groot dinge vir ons gedoen het) Wanneer ons met hierdie wete saamleef en ons vertel aan ander van al die groot dinge wat God in ons lewens gedoen het, dan leef ons die vreugde uit wat van die Here af kom.


Lees Lukas 2: 8-19. KINDERS: Wat het die engel van die Here gesê aan die skaapwagters in die veld? (goeie nuus van groot vreugde vir alle mense, 'n Redder, die Here Jesus, is gebore) Wat het gebeur nadat die engel met die skaapwagters gepraat het? ('n menigte engele het begin om God te prys en te loof) Hoe het die skaapwagters gereageer? (hulle het gaan kyk wat gebeur het, soos die Here dit aan hulle bekend gemaak het) Hoe het die skaapwagters reageer toe hulle Jesus in die krip gekry het? (hulle het God geprys en verheerlik vir alles wat hulle gesien en gehoor het)


KINDERS: Ons het lank Kersfees gewag — net soos God se volk vir 'n Redder gewag het. Die verskil is, hulle het vir honderde jare gewag! Dus, toe die skaapwagters die goeie nuus kry dat die Redder uiteindelik gebore is, kon hulle nie die goeie nuus vir hulleself hou nie. Die Redder is hier en Hy is hier om alle mense te red! Hulle was gevul met vreugde omdat hulle gesien het die engele het die waarheid gepraat en hulle het God geloof omdat Hy Jesus, die Redder, gestuur het! Net soos die skaapwagters kan ons vreugde hê omdat ons weet die Woord van God is die waarheid. Ons kan feesvier omdat Hy Jesus vir ons gestuur het en ons kan ons vreugde uitleef deur God te loof en sy Naam te verheerlik!


Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid