Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 18 VAN 24

Hoe Deel Ons Vreugde Met Ander?


Wanneer ons Jesus volg en leer om uiting te gee aan ons vreugde op 'n persoonlike vlak, plaas God ons ook in verhoudinge waarbinne ons, ons vreugde kan uitleef.


Almal van ons is in verhoudinge. Ons het gesinne, vriende, kollegas en selfs vreemdelinge. Ongeag die soort verhouding, is daar bepaalde mense wat God direk in ons lewens geplaas het en ons is geroep om ons vreugde met hulle te deel oor dit wat Jesus vir ons aan 'n kruis gedoen het.


Voorbeelde hiervan is vir ons om vreugde in ons verhoudings te hê deur ons naaste opreg lief te hê (1 Korintiërs 13:7), om die kinders wat God aan ons toevertrou het met vreugde op te voed (Spreuke 22:6) of om ons ouers met vreugde te vereer (Eksodus 20:12).


Wanneer ons Jesus volg en lief is vir ons medemens het ons 'n baie goeie geleentheid om die gelowiges te verkwik (Filemon 1:7) en om 'n indruk te maak op diegene wat Hom nog nie ken nie deur die manier hoe ons hulle liefhet en geen kwaad aandoen nie (Romeine 13:10). Wat 'n vreugde en voorreg is dit dat God ons mense gegee het om met die Woord te bedien. Hy ag ons waardig om die goeie nuus van die evangelie aan soveel mense te bring en Hy het ons deur die Heilige Gees toegerus om dit te kan doen!


Vir Gesinne met Jong Kinders

Lees Filemon 1:7. KINDERS. Op watter maniere kan ons die vreugde wat ons het omdat ons aan God behoort, uitleef saam met ander mense om ons? Wat sê hierdie vers kan gebeur as ons, ons vreugde met ander deel? (as die volk van God kan dit ons harte verkwik)


Lees Matteus 2:1-12. KINDERS. Wat het die wyse manne gedoen toe hulle die ster gesien het? (hulle was met vreugde vervul) Hoekom dink julle was die wyse manne baie bly? Voor hulle die ster gesien het was hulle heel moontlik terneergedruk. Hulle kon selfs 'n bietjie moedeloos gevoel het. Hulle het ver gereis om Jesus te sien en toe hulle by Jerusalem kom, waar hulle verwag het om Hom te sien, was Hy nie daar nie. Maar toe die wyse manne sien dat die ster wat hulle die hele tyd gevolg het, weer verskyn, was daar geen keer aan hulle vreugde nie!


Party dae kan ons dalk 'n bietjie moedeloos voel op ons lewensreis, maar ons het so baie wat ons met vreugde kan vervul. Kom ons maak tyd om daardie vreugde met ander om ons te deel!


Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid