Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 19 VAN 24

Hoe Leef Ons In Die Wêreld Vreugde Uit?


Jesus roep ons om van alle nasies dissipels te maak, om hulle te doop en hulle te leer om alles te onderhou wat Hy beveel het (Matteus 28:19-20). Dit beteken nie noodwendig dat Hy jou roep om fisies om die wêreld te reis om dit te doen nie (alhoewel dit kan gebeur), maar dit beklemtoon die feit dat Jesus gekom het vir almal en die opdrag is van toepassing op enige iemand wat ons op ons pad ontmoet.


God se liefde is vir die hele wêreld en elkeen het die geleentheid om in Jesus te glo en nie verlore te gaan nie, maar die ewige lewe te hê (Johannes 3:16).


Soos ons deur die lewe gaan en geleenthede op ons pad kry om die evangelie met ander te deel en mekaar lief te hê, het ons die Heilige Gees om ons te leer en te lei deur die hele proses. Ons weet dat wat ons ook al in die Naam van die Here vra, ons sal ontvang en ons blydskap volkome sal wees (Johannes 16:24).


Dit beteken ons kan Jesus met vreugde volg en ander dien omdat ons deur Hom geroep word om dit te doen. Net God kan harte verander en mense bekeer. Al wat Hy van ons verlang is om getrou te wees en die boodskap van die evangelie te verkondig en ons naaste lief te hê. Eenvoudig gestel, ons het lief omdat Hy ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19). Dit is hoekom ons enige iets doen, want Jesus het alles gedoen.


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Matteus 28:19-20. KINDERS, wat is die opdrag in hierdie teksgedeelte? (om uit te gaan en dissipels te maak) En wat is die belofte vir ons in vers 20? (dat God vir ewig met ons sal wees) Daar is baie vreugde daarin om met ander die goeie nuus van groot blydskap te deel (Lukas 2:10-11)!


KINDERS, Ek dink een van die beste maniere om Jesus se liefde met ander te deel, is om 'n keuse te maak om vol blydskap te wees. Miskien kan jy jou kamer skoonmaak of in die huis met 'n mooi gesindheid help, sonder dat mamma jou moet vra. Miskien is dit die manier hoe jy ander mense behandel, soos jou broer of suster of die kinders in julle woonbuurt, of julle onderwysers en afrigters. Miskien is dit die manier hoe jy op God vertrou ongeag die omstandighede, selfs wanneer nie vir jou sin maak nie of skrikaanjaend is. Ander mense kan die vreugde in jou sien en sien dat Jesus besig is om groot dinge in jou lewe te doen. Hulle kan dalk vra: "Hoekom lewe jy so?" Dan het jy die geleentheid om aan hulle te vertel: "God het sy Seun vir my en jou gestuur en ek wil hê almal moet dit weet." Dit is 'n verhaal wat so goed is dat jy nie anders kan as om dit te deel nie!


KINDERS, ons kan met vreugde in hierdie Adventtyd ingaan omdat die verhaal van God vir almal is en om dit te deel is een van die wonderlikste dinge wat jy kan doen! Hoekom probeer jy dit nie in hierdie week nie? Soek een persoon met wie jy die goeie nuus van groot vreugde kan deel.


Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid