121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 21 VAN 24

Wat is Liefde/Hoekom Liefde?

Die definisie van liefde het soveel weergawes as die aantal mense wat gevra is om dit te definieer. Dit kan beskryf word as ‘n gevoel wat gebaseer is op menslike instink en vertolking. ‘n Ander mening is dat dit ‘n keuse is, iets wat emosie te bowe gaan en berus op menslike wil of voorneme. Party sal redeneer dat dit ‘n natuurkrag is, amper soos ‘n geheime krag wat nie beheer kan word nie of ten volle deur ons beperkte menslike verstand en vermoëns begryp kan word nie. Wat sê die Bybel egter? Wat sê God oor wat liefde is? Hoe sal ons weet wanneer ons liefde in hierdie wêreld sien wat so besmet is met sonde en boosheid?

Die Bybel tref ‘n onderskeid tussen menslike liefde en die liefde van God. Laasgenoemde liefde is volmaak. Menslike liefde kan onmoontlik nie volmaak wees nie vanweë ons sonde. Dit is belangrik om te weet dat ons die volheid van liefde nie kan ervaar in ‘n lewe sonder Jesus nie. Hy verwyder die sonde wat ons in staat stel om liefde ten volle te sien en ervaar. Daarom is die koms van Christus nie net die grootste vertoon van liefde nie, maar gee dit ons ook die moontlikheid om liefde te ken en te ervaar.

Een van die gewildste Skrifgedeeltes oor die onderwerp van liefde gee ons 'n duidelike definisie van liefde deur sy kenmerke, wat dit is en nie is nie (1 Korinthiërs 13). Ons word aangemoedig om op hierdie manier lief te hê, maar ons moet ook weet dat hierdie kenmerke van liefde God se liefde teenoor ons in Christus gemotiveer het. Die belangrikste is dat ons nie selfverheerliking word as die onderwerp van sy liefde omdat ons so belangrik is nie, maar dat sy liefde ten spyte van ons, die groot duisternis van sonde en dood oorwin, wat deel is van ons lewens sonder Hom.

Hoekom het ons lief? As ons liefde ten volle begryp, die volmaakte liefde wat God aan ons bewys het deur sy Seun vir ons sondes te gee, is die liefde wat ons aan ander bewys nie net die regte ding om te doen nie, dit is ook instinktief. Ons bewys liefde omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Gesinne Met Jong Kinders

KINDERS: Wat dink julle beteken die woord liefde? Hoe sal julle dit beskryf? Wie is die mense wat julle liefhet? Waarvoor is julle lief? Het julle geweet dat God se liefde volmaak is? Dit is! God se liefde vir jou is ‘n liefde wat ons verstand te bowe gaan! Hy het julle liefgehad nog voor julle in die moederskoot gevorm is en Hy het julle lief ongeag wat gebeur! Sy liefde is nie gebaseer op ‘n gevoel of enige iets wat julle gedoen het wat goed in sy oë is nie. Hy het julle onvoorwaardelik lief. Die Advent-tyd is dié tyd om na te dink oor die liefde van Jesus. God het sy Seun, Jesus, gestuur om gebore te word as ‘n volmaakte baba. Hy het grootgeword om ‘n volmaakte man te wees en te sterf as ‘n volmaakte offer vir ons sondes. Dit is volmaakte liefde!

Lees 1 Johannes 4:7-21. KINDERS, Waar kom liefde vandaan? (God) Is dit moontlik om God te ken en nie liefde te bewys nie? (nee, want God is liefde) Hoe het God sy liefde aan ons bewys? (Hy het sy enigste Seun gestuur sodat ons deur Hom kan lewe) Hoekom moet ons ander mense liefhê? (omdat God ons liefhet) As ons God werklik liefhet, wie anders moet ons liefhê? (alle mense)

Lees 1 Korinthiërs 13:1-8. KINDERS: Sou julle dink dat liefde vir ons ‘n groot ding is om te hê? Maak ‘n lysie van dit wat jy geleer het oor liefde in hierdie verse. Dank God vir sy onfeilbare liefde vir jou. Bedank jou gesin omdat hulle jou liefhet. Hoe kan jy die liefde van Jesus betoon aan die mense om jou? Op watter maniere bewys God sy ewigdurende liefde aan jou? Vra jou ouers dieselfde vraag.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons Hom ken en daagliks met Hom wandel. Dit is ons hoop dat hierdie leesplan jou sal bemoedig om persoonlike tyd in die Woord deur te bring en dat dit 'n bron sal wees vir gesinne met kinders om dit saam te lees.

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/