Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 16 VAN 24

Die Bron van Vreugde


Toe Jesus as mens aarde toe gekom het, het Hy nie net vir ons die weg gebaan na God die Vader nie, maar ook vir ons gewys wat vreugde is deur net dit te doen wat die wil van sy Vader is (Lukas 10:21).



  • Hy was vreugdevol in sy verhouding met sy Vader.

  • Hy het ander met vreugde gedien terwyl Hy hulle gesond gemaak en vir hulle voorsien het.

  • Hy was vreugdevol deur vreugde oor te dra aan die kinders van God.

  • Hy het die kruis met vreugde verduur (Hebreërs 12:2).


Dit is waar vreugde vandaan kom. Dit is van Wie vreugde kom. Jesus het vir ons die volmaakte voorbeeld gestel hoe om vreugde te vind en dit uit te leef, in ons verhouding met Hom en ook in ons verhoudinge met ander. Niks anders kan vir ons vreugde beter definieer as wat Jesus dit doen nie.


Wanneer ons verstaan dat Jesus al ons sonde van die verlede, hede en toekoms vergewe het deur vir ons aan 'n kruis te sterf, die straf van God se toorn te dra en uit die dood op te staan, hoe kan ons nie deur Hom vreugde kry nie? Ons as die kerk, moet vreugde vind in alle omstandighede deur Hom wat vir ons vreugde gebring het.


Gesinne Met Jong Kinders


Lees Hebreërs 12:1-2. KINDERS: Ons kan na Jesus kyk om te sien hoe vreugde in alle omstandighede lyk. Hy het die prys betaal vir ons sonde. Hy het aan die kruis gesterf om al ons sonde van die verlede, hede en toekoms te vergewe. Hy het dit gedoen met 'n verwagting van die vreugde wat sou kom. As Hy dit kon doen, hoe kan ons nie vreugde in Hom vind nie?


Lees Galasiërs 5:22-23. KINDERS: Die engel het Jesus se geboorte aangekondig as "goeie nuus van groot vreugde vir alle mense ... 'n Redder is gebore!” Wanneer ons in Jesus glo en ons vertroue in Hom as ons Redder plaas, gee Hy vir ons die Heilige Gees wat in ons woon. As Galasiërs 5:22-23 vir ons vertel dat vreugde 'n vrug van die Gees is, en ons het die Heilige Gees in ons, wat vertel dit vir ons van vreugde? Ons kan vreugde hê ongeag wat met ons gebeur want ons het die Heilige Gees in ons!


Bestee tyd in gebed saam met jou gesin om God te dank. Dank Hom vir Jesus wat Hy aarde toe gestuur het om ons Redder te wees. Dank Hom vir die volmaakte voorbeeld wat Jesus vir ons gestel het om vreugde in alle omstandighede te kan hê.


Dag 15Dag 17

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid