Leesplan inligting

121 AdventVoorbeeld

121 Advent

DAG 22 VAN 24

Die Bron van Liefde


Johannes het dit uitdruklik gesê: “God is liefde.” Die bron van liefde is God self. Nie dat God net 'n prentjie is van liefde nie, liefde wat onafhanklik gedefinieer word, net bestaan en bloot deur God vertoon word nie. God self is die definisie van liefde, vooraf bestaande liefde en liefde wat 'n neweproduk van sy karakter en persoon is. Sonder God het ons geen basis vir liefde nie en het ons ook nie die vermoë om lief te hê nie.



Die bron van liefde in ons word dan die Gees van God wat ons verlossing is. Dit word slegs moontlik gemaak deur die koms van Jesus, God se liefde het Hom gedring om vir ons redding sy Seun aarde toe te stuur. Christus se lewe, dood en opstanding, wat begin het met en moontlik gemaak is deur sy koms, is die bewys van die krag van God se liefde om sonde en dood te oorwin. Die sonde en dood is nie in staat om liefde uit te dryf nie. God se liefde oorwin dan oor aardse magte, oor alle menslike emosies, oor hoogmoed en dit wat selfgerig is.



Beskou die aard van God se liefde, so treffend geïllustreer in Jesus, as die bron van liefde wat ons eers ervaar en dan uitleef. God gee ons sy liefde en dit is selfopofferend. Hy het Homself namens ons gegee (Johannes 3:16). God se liefde is onvoorwaardelik. Dit word aan ons gegee al verdien ons dit nie (Romeine 5:8). God se liefde is vir ewig (Jeremia 31:3). God se liefde is kragtig. God se liefde genees en vertroos maar is ook ons verdediger, sy liefde verslaan die vyand namens ons. God se liefde is lewensveranderend (1 Johannes 4:19). Niks kan ons skei van die liefde van God nie.



Vir Gesinne Met Jong Kinders


Ons sê ons is lief vir baie dinge. Ek is lief vir sport. Ek is lief vir kos. Ek is lief vir lekkers. Ek is lief vir my ouers. Ons het reeds geleer wat liefde is, maar waar kom daardie liefde vandaan?



Lees 1 Johannes 4:7. KINDERS: Wat sê hierdie vers? Waar kom liefde vandaan? (God) Hierdie vers vertel ons duidelik dat liefde van God af kom. As ons God ken, ken ons liefde. Ken jy God? Het jy sy liefde al ervaar?



Lees Romeine 8: 37-39. KINDERS: Dit is wonderlike nuus! Wat sê hierdie verse oor God se liefde? (niks kan ons van Hom skei nie) Daar is hierdie Kersfees nie ‘n beter geskenk as die liefde wat God aan ons bewys het toe Hy sy seun gestuur het om ons te red nie. Die geskenke is pret. Die partytjies is lekker. Die ligte is wonderlik. Dit is egter niks in vergelyking met die geskenk van Jesus nie. Dus, hierdie Kersfees, as jy baie vroeg uit jou bed klim, raak ‘n paar oomblikke stil en dink daaraan dat die heel beste geskenk nie toegedraai in geskenkpapier onder die Kersboom is nie.


Dag 21Dag 23

Aangaande hierdie leesplan

121 Advent

Die geboorte van Jesus, sy advent (koms), is God se uiteindelike plan vir ons verlossing. In Christus sien ons die volle prentjie van God se hoop, vrede, vreugde en liefde. Die Woord van God is die waarheid waardeur ons ...

More

Baie dankie aan 121 Gemeenskap Kerk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: http://121cc.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid