Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 8 VAN 8

"Is Ons Al Daar?"



Wanneer kinders op reis is, hou hulle daarvan om te vra: "Is ons al daar?" Terwyl jy na 'n verlies deur elke dag probeer kom, mag jy ook oor dieselfde vraag wonder. Sommige vrae wat dikwels gevra word is:



Hoe lank hou die rouproses aan?

Solank as nodig. Elke mens het 'n eie tydsverloop en manier om verlies te hanteer.



Sal ek altyd my geliefde mis?

Ja, waarskynlik. Met die verloop van tyd sal die ergste seer draagliker word en herinneringe van die persoon wat jy mis, sal 'n sagte gedagtenis van die impak word wat hulle op jou lewe gehad het. Koester dit. Dit is in orde om hulle altyd te mis.



Hoekom jaag mense my aan?

Mense, veral diegene wat nog nooit 'n geliefde verloor het nie, mag dalk onsensitiewe opmerkings maak oor hoe lank jy rou. As iemand haastig is dat jy weer "jou ou self" moet wees, onthou dat hulle nie jou verhouding met die persoon wat jy mis, ervaar het nie. Rou so lank as wat jy nodig het.



Wat van afsluiting?

Het jy al ooit die gesegde: "Afsluiting is vir bankrekenings, nie vir verhoudinge met 'n geliefde nie" gehoor? Die laaste ding wat jy wil doen is om te probeer om "oor" iemand te kom wat jy liefhet! Hartseer en rou help jou om die emosies soos droefheid te verwerk en om die persoon wat jy mis te onthou, en ook om die volgende treë na heling en 'n vreugdegevulde lewe te neem.



Die "Grief Survivor Group Study Guide" is nou beskikbaar!

Besoek asseblief GriefSurvivor.com om 'n kopie vir jou kerk of organisasie af te laai!
Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid