Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 7 VAN 8

"Vertel die Verhaal"



Wat wil jy hê moet mense van jou geliefde weet?



As jy bang is dat jy nie alles sal onthou nie, probeer hierdie praktiese wenke om herinneringe vars te hou:



∙ Sê die naam van jou geliefde en moedig ander aan om dieselfde te doen.

∙ Vertel verhale van die persoon wat jy mis gedurende vakansies of spesiale dae.

∙ Kyk na ou foto's om jou geheue te verfris van herinneringe van vakansies en geleenthede waarvan jy dalk vergeet het.

∙ Versamel verhale van vriende en familie. Bewaar dit op 'n bepaalde plek of in 'n plakboek.



Wanneer jy 'n tydjie het wat niks jou aanjaag nie, kry 'n stil plekkie en begin skryf. Wat het jy van jou geliefde bewonder? Wat het jou laat lag? Is daar 'n spesifieke dag of tydperk wat uitstaan as vol pret of werd om onthou te word? Skryf, teken of bêre foto's van alles wat jy onthou. Doen wat dit ook al verg om die persoon wat jy mis se verhaal te vertel!
Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid