Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 3 VAN 8

"Help Jouself Eerste"



Elke keer wanneer jy op 'n vliegtuig is, herinner die kajuitpersoneel jou dat jy eers jou eie suurstofmasker moet opsit voordat jy ander help. Om hartseer te oorleef, is baie soos hierdie veiligheidsmaatreël. Die enigste manier wat jy sterk en vir die mense in jou lewe emosioneel beskikbaar bly, is om eerste vir jouself te sorg.



Rus is nie 'n vloekwoord nie. Rus hoef ook nie niksdoen te beteken nie. Gedurende hierdie uitdagende tydperk mag die volgende dinge kreatiewe maniere wees om jou te verfris:



∙ kyk 'n komiese rolprent of toneelstuk.

∙ gaan op 'n uitstappie na jou gunsteling meer, see toe, of na die berge.

∙ verf, sing of teken.

∙ hou op om na 24-uur nuuskanale te kyk.

∙ ontmoet 'n vriend vir koffie of aandete.



Al het jy nie 'n bootrit vir hierdie maand beplan nie, oorweeg dit om elke dag iets lekkers vir jouself te doen.
Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid