Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 1 VAN 8

"Jy Is Die Baas"



Jy is die enigste een wat kan bepaal hoe hierdie tydperk van hartseer gaan wees. Daar is nie 'n formule hoe om te rou nie. Wanneer jy met die "Hartseer Oorlewende"-reis begin, kan jy 'n skoon joernaal kry om neer te skryf wat in jou gedagtes opkom.



Wanneer jy jou eerste treë na heling neem, onthou:



∙ Huil wanneer jy wil huil.

∙ Jy voel dalk nou meer verligting as hartseer. Dis ook in orde.

∙ As dit jou laat lag om herinneringe en verhale oor jou geliefde te deel, moet jy dit vir seker doen.

∙ Bly weg van mense en geleenthede wat jou angstig en uitgeput laat voel. As jy jou aktiwiteite en geselskap met wysheid kies, kan dit onnodige spanning voorkom.

∙ Dit is in order om vir goeie dinge ja te sê, en nee vir die res.

∙ Jy hoef nie om verskoning te vra nie. Jy is die baas van jou skedule.



Johannes 11:35 skilder vir ons die prentjie van Jesus en sy reaksie na die dood van sy geliefde vriend, Lasarus. Jesus was nie verhewe bo verpletterende emosie nie. Jesus het gehuil. Ons mag ook.
Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid