Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 4 VAN 8

"Gaan dit Goed met My?"



Het jy al ooit 'n vertrek binnegestap en dan omgedraai omdat jy geen idee het waarom jy daar is nie? Hartseer kan dit aan jou doen. Onbekende emosies kan jou laat dink jy is besig om jou verstand te verloor en dit kan die neem van belangrike besluite laat voel asof dit byna onmoontlik is. Moenie bevrees wees as jy verstandelike dofheid ervaar nie. Die wolke sal mettertyd verbygaan.



Slaaploosheid as gevolg van hartseer, veranderinge in jou aptyt, gemoedswisselinge en verstandelike dofheid sal verminder en uiteindelik heeltemal verdwyn. Die goeie nuus is, jy is nie besig om jou verstand te verloor nie.



Johannes 16:33 is 'n kragtige herinnering in tye wanneer moeilikhede oor jou pad kom: "Dit sê Ek vir julle, sodat julle vrede kan vind in My. In die wêreld sal julle dit moeilik hê; maar hou moed: Ek het die wêreld klaar oorwin.”
Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid