Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 5 VAN 8

"Woorde"



Mense wat goed bedoel probeer dikwels om iets te sê wanneer daar geen woorde is wat sal help nie. Om te veel te sê, kan die situasie vererger. Dalk het jy al sommige van hierdie woorde gehoor wat nie help nie:



∙ God het seker nog 'n engel in die hemel nodig gehad.

∙ Jy is jonk. Jy kan weer trou.

∙ Jy kan altyd nog kinders hê.

∙ Jou geliefde is in 'n beter plek.



Onsensitiewe opmerkings kom dikwels van mense wat geen idee het hoe jy voel nie. As jy in die versoeking kom om te antwoord sodat hulle kan verstaan hoe jy voel, mag dit wys wees om eerder diep asem te haal en tot 10 te tel. Hopelik sal die persoon wat goed bedoel iets uit jou stilte leer!



Sommige woorde wat kan help:



∙ Ek is so jammer.

∙ Ek kan my nie voorstel hoe jy moet voel nie.

∙ Ek sal graag vir jou 'n maaltyd wil bring.



Ons kan nie ander se woorde beheer nie. In Jakobus 1:9 gee Jesus se broer vir ons drie wenke om ons woorde in elke situasie te beheer: "... elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou praat nie en nie te gou kwaad word nie."
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid