Leesplan inligting

Hartseer OorlewendeVoorbeeld

Grief Survivor

DAG 6 VAN 8

"Is Dit Tyd om Hulp te Soek?"



Namate die wêreld toenemend deur sosiale media verbind word, neem gesprekke van aangesig tot aangesig al hoe meer af. Om staat te maak op sosiale media se "hou van" en "gunstelinge", sal nie die plek in jou hart vul wat ontwerp is vir gemeenskap nie, veral gedurende 'n intense tyd van hartseer.



Soms is die moeilikste tree daardie eerste een wat jy moet neem — om vir iemand te vertel jy sukkel. In "Oorweldig" stel skrywer en pastoor Perry Noble dit so: "... wat ook al besig is om jou van binne te verskeur, hou op om dit weg te steek. Hoe gouer jy om hulp vra en erken jy het ander mense nodig, hou gouer gaan jy verligting vind."



Hier is drie maniere waarop jy die nodige hulp kan kry:



∙ Vra 'n betroubare vriend om spesifiek te bid dat jou hart sal begin genees.

∙ Vertel die waarheid wanneer iemand vra of jy kop bo water hou.

∙ Maak kontak met 'n leraar, 'n hospiesverskaffer of 'n professionele rouberader.



Om na ander mense uit te reik en die Here in die pyn in te nooi, sal jou versterk gedurende 'n routydperk. Onthou, die Here is naby die gebrokenes van harte en red diegene wie se gees verpletter is.
Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Grief Survivor

Wanneer jy iemand verloor wat jy liefhet, keer die lewe binne ongeveer 14 dae terug na normaal — vir almal behalwe vir jou! As jy voel asof jy in jou verdriet vasgevang is, is jy nie alleen nie. Die skrywer van "Grief Su...

More

Baie dankie aan Beth Marshall, skrywer van "Grief Survivor — 28 Steps toward Hope and Healing" en "A Time to Heal, a grief journal," wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.griefsurvivor.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid