Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd OordenkingVoorbeeld

Om groot te word in 'n formele kerkopset, het dikwels die nagmaalsformulier ingesluit met die verse wat ons nou net gelees het. Op nagmaal Sondae het ons predikant 'n meer versierde toga aangetrek. Sy stem was gewoonlik meer melodies as ander kere, as hy hierdie verse gelees het.
As ek terugdink aan my 8-jarige gedagtes, het nagmaal beteken dat die kerk langer aangehou het en dat ons later middagete sou eet (kreun!)
Alle grappies op 'n stokkie; nagmaal word soms net nog 'n ritueel as ons dit oor en oor doen. As ons egter terugkyk na daardie eerste nagmaal wat Jesus met sy dissipels gedeel het, sien ons hoe kragtig dit was.
Jesus het oor sy dood gepraat. Hy het gepraat oor wanneer sy liggaam verbrysel en gebroke sou word. Hy het gepraat van sy bloed wat sou vloei. Daarna het Hy die Vader gedank.
Jesus het God gedank toe Hy oor sy dood gepraat het.
Dis soos ons God is. Sy kruis is 'n uitnodiging van genade aan 'n gebroke en hulpelose wêreld.
Dis hoekom die nagmaal ook die "Eucharist" genoem word, wat "danksegging" beteken. Ons aanvaar die geskenk van sy genade. Al wat ons in ruil daarvoor doen is om ons dankbaarheid uit te spreek. Ons hoef nie eers ons lewe in orde te kry nie. Ons hoef nie sekere dinge te doen nie. Ons hoef nie vir ons redding te werk nie.
Die laaste paasmaaltyd is 'n goeie herinnering dat ons maar net die gratis geskenk van redding met 'n nederige en dankbare hart moet aanvaar.
Oordink
Voel ek ooit dat ek vir my redding moet werk? Wat staan in die pad van my aanvaarding van Jesus se gratis geskenk? Sien ek die sakrament van nagmaal as net nog 'n plig en 'n ritueel, of sien ek dit as 'n kragtige herinnering van die genade van God?
Gebed
Here Jesus, soms raak ek afgestomp van die grootheid van u genade. As ek stilraak en oor die laaste paasmaaltyd nadink, word ek getref deur die feit dat U dankie gesê het vir die brood en wyn wat u liggaam en bloed verteenwoordig het. Dankie vir u opoffering. Dis iets wat ek nooit sal begryp nie, maar iets wat ek ontvang met 'n dankbare hart. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

"Reis Saam Met Jesus" is 'n leesplan om ons te help om saam met Jesus deur die laaste twee hoofstukke van Matteus te stap. Ons staan stil om op Jesus se laaste dae op hierdie aarde te fokus en wat dit vir ons beteken. Hoe verander dit vandag wie ek is en aan Wie ek behoort? Ons sal tydsaam deur die Skrifgedeeltes gaan en dit laat insink met vrae wat ons sal laat nadink oor waar ons onsself bevind in hierdie reis om Jesus te leer ken.
More