Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Die groot herstelling
"The great unbreaking" (Die groot herstelling — vrye vertaling)
Ek onthou die begin.
Die halleluja-koor,
die verwondering van iets nuuts,
die skielike las van tyd
en God wat helder lig uitstraal.
Ek onthou die tuin wat met liefde sing,
die skerp geur van blomme in 'n onbesoedelde briesie,
voëls wat in die warmte van 'n onlangs geskape son sing;
aankomende voetstappe in ongerepte gras;
man, vrou — die eerste omhelsing.
Ek onthou die slang wat seil
en die gesis van die oudste leuen;
ek onthou pyn, die skreeuende pyn van kennis
en dan die gebewe van skaamte
wat wegkruip vir die enigste liefde wat dit kon regmaak.
Ek onthou die verbrokkeling,
verhoudinge uitmekaar geskeur —
groot klowe tussen mense en God
en mense en die wêreld
en mense en hulself.
Maar ek onthou Hom ook.
Die timmerman se seun, die Rabbi, die sweepslaner in die tempel,
die een wat duiwels uitdryf, die skare kos gee, melaatses genees;
ek onthou hoe sy liggaam gebreek het —
sy gebrokenheid was ons groot herstelling.
Gideon Heugh, Tearfund
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Die Mosterdsaad Beginsel

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

HET JY HOM MEER LIEF AS HIERDIE?

'n Hart soos Jesus s'n
