Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 3 VAN 47

Herstel: Verlossing

Die HAT woordeboek beskryf die woord verlossing as volg: "vrymaking uit die mag van sonde en die dood." (Oxford woordeboek: die daad van vrymaking, verlossing, herstel of iets weer in besit neem). God het die hele skepping gemaak, maar die verhouding tussen God en daardie skepping is tydens die sondeval verbreek: menslike en nie-menslike skepsels was "verwyderd" van God — soos die verlore skaap in die gelykenis wat Jesus vertel het.

God het egter 'n plan gehad om die skepping te verlos — en dit is die verhaal van die Bybel. God vertel vir Moses van sy plan om die Israeliete uit slawerny in Egipte te bevry: "Ek sal julle verlos van die slawewerk in Egipte" (Eksodus 6:6 NLV). Die uittog is 'n oomblik in die geskiedenis toe God sy volk verlos.

Christus se dood aan die kruis is nog so 'n oomblik — die grootste oomblik van verlossing. Met hierdie gebeurtenis verlos God die hele skepping uit die mag van sonde en dood, en herenig dit met Hom, sodat almal weer kan floreer.

Sê vir God dankie vir die geskenk, Christus Jesus, wat ons en die hele skepping verlos. Ruim tyd in om na te dink, jou te verbeel of te onthou hoe dit voel om, as gevolg van ongeregtigheid of armoede, nie in staat te wees om vrylik te lewe nie, en dan 'n oomblik van bevryding en verlossing te ervaar. Deel daardie gevoelens met God in gebed.

Hannah Swithinbank, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org