Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 2 VAN 47

Herstel: Die sondeval

"Hulle het gehoor hoe die Here God in die tuin wandel teen die tyd dat die aandwind opkom, en die mens en sy vrou het vir die Here God weggekruip tussen die bome van die tuin. Maar die Here God het na die mens geroep en vir hom gevra: 'Waar is jy?'" (Genesis 3:8-9).

Dit is die eerste interaksie wat Adam en Eva met God het nadat hulle die vrug van die boom van alle kennis geëet het. Daar word geskryf dat God deur die tuin gewandel het. Was dit iets wat God gereeld gedoen het? Hoe was die lewe vir Adam en Eva voordat hulle "oë oopgegaan" het? Was dit vir hulle moontlik om net daar in mekaar en God se geselskap teenwoordig te wees? Hoe sou dit gevoel het?

Dit lyk vir my of dit die oomblik was toe God se mense die soort mense geword het wat ek herken en verstaan: onvolmaak, verwyderd van God en mekaar, bewus van hierdie verwydering en bang. Hulle blameer ander vir hulle situasie. God vra egter: "Waar is jy?"

Dis nie 'n retoriese vraag nie; Hy wil weet en Hy reik uit na hulle om uit te vind wat gebeur het. Die verhaal van die Bybel is die verhaal van God wat aanhou uitreik — met 'n dramatiese klimaks tydens Paasfees.

Raak 'n oomblik rustig en erken dat daar tye is wanneer jy alleen voel, verwyderd van God en ander mense. Onthou die tye toe God na jou uitgereik het. Hoe het dit gevoel? Dank God vir daardie oomblikke en vra Hom om jou te help om uit te reik na ander om sodoende die afstand wat sonde tussen julle veroorsaak het, te oorkom.

Hannah Swithinbank, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org