Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 22 VAN 47

Herstel: Ons moet 'n hart soos God s'n hê

God wil hê dat lewens, verhoudinge en gemeenskappe herstel word, en Hy het ons, sy kerk, as die kanaal gekies waardeur dit verwesenlik kan word.

Ons "Mean Bean"-uitdaging is 'n tasbare manier waarmee ons herstel bring deur dade, gebed en skenkings. In 2017 is 1 000 mense regoor die land geborg om vir vyf dae niks anders as rys en bone te eet nie. Hulle het meer as R4 566 240 ingesamel.

Lewens is verander – lewens van mense soos Lyson, wat sy gesin se kos met varkkos moes aanvul, maar nou 'n volhoubare manier het om te leef en 'n einde kon bring aan 'n voedselgebrek. Wanneer ons besluit om hulle te help wat onder die broodlyn leef, hulle wat onregverdig behandel word, hulle wat armoede en honger beleef, sal ons sien hoe 'n regverdige God hoop, vreugde en tasbare, langdurige verandering bring.

Hemelse Vader, rig mans en vroue op om u hart vir geregtigheid te hê, om 'n einde te bring aan honger en armoede, deur gebed en hul dade. Mag ons meer vrymoedig en dapper wees met alles wat ons in u Naam doen. Ons bid en sê dankie vir almal wat in 2018 aan die "Mean Bean"-uitdaging gaan deelneem. Seën en inspireer hulle terwyl hulle iets doen om herstel en heling te bring aan hulle wat honger en arm is.

Amen.

Andy Robertson, Tearfund

Vind meer uit omtrent die "Mean Bean"-uitdaging. 

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org