Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om waardigheid te herstel
“Vir die mense wat die duiwe verkoop het, het Hy gesê: 'Vat hierdie goed hier weg! Moenie die huis van my Vader 'n besigheidsplek maak nie'” (Johannes 2:16).
Die dade en gesprekke wat tydens die omgooi van die geldwisselaars se tafels plaasgevind het, is 'n aanduiding van wat dit behels om een van Jesus se volgelinge te wees. In hierdie teksgedeelte reageer sy dissipels deur gevolgtrekkings te maak uit vorige gesprekke wat hulle met Jesus gehad het en met Skrifgedeeltes wat hulle onthou — hulle het die kloutjie by die oor gebring.
Die Lydenstyd bied vir ons 'n geleentheid om die verband tussen alles te sien terwyl ons nadink oor wat Christus te sê het oor alles wat vandag in ons wêreld plaasvind; kwessies soos armoede en geregtigheid.
Dalk sal ons begin verstaan hoekom geslag, kultuur en stand in so baie van die Bybelverhale voorkom. Dit sal ons in staat stel om te sien hoe plaaslike kerke die hoof-rolspelers kan word wat hulle veronderstel is om te wees en mense se potensiaal kan ontsluit om sodoende armoede te beëindig en almal se waardigheid te herstel.
God van geregtigheid en hoop, terwyl ons deur uitdagende tye gaan, bid ons dat U die kerk sal inspireer om tot aksie oor te gaan en mense in hul gemeenskappe te help om hul waardigheid te herstel. Ons bid dat individue van alle ouderdomme en agtergronde sal leer hoe om 'n verskil te wees en 'n verskil te maak.
Eerwaarde Gale Richards, Sion Baptistekerk
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
