Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: 'n Beeld van herstel
Nadat die vloedwaters van tifoon Haiyan laat in 2013 die Filippyne se landskap verwoes het, het baie kusbewoners, soos te verstane, die water begin vrees. Hierdie water, wat voorheen lewe en plesier vir die eiland gemeenskappe gebring het, het nou 'n bedreiging van ongekende vernietigende krag ingehou.
Toe ek een van die gemeenskappe besoek waar die tifoon eerste die land getref het, was lewe besig om weer stadig uit die aarde voort te spruit. Alhoewel baie mense nog nie huise, hospitale of skole gehad het nie, het die herstelwerk oral begin. Ek het elektrisiëns sien werk, besig om bondels elektriese drade te ontknoop, en skrynwerkers wat dakke herstel het. Ek was geskok toe ek 'n gesig wat vir my glimlag in die modderige, bruisende rivierwater sien.
Nadat hy my gerusgestel het, het UIderico verduidelik dat hy deel is van 'n Tearfundspan wat opdrifsels uit die rivier verwyder. Wanneer dit weer skoon is, kon dit gevaarlike vloedwaters, wat met die volgende hewige reën sou kom, wegvloei en so hulle kosbare rys-oes beskerm. Ek was baie beïndruk met die goeie rentmeesterskap van die aarde wat ek gesien het; dit het beteken dat die toekomstige nageslagte veiliger sou wees as 'n ramp hulle tref. Meer as dit egter, het die prentjie van Ulderico, 'n ouerige man wat dapper genoeg was om die water binne te gaan en sy omgewing te herstel, nog lank in my gedagtes gemaal.
Hemelse Vader, dankie vir die wonderlike planeet wat U aan ons toevertrou het.
Jesus, ons vra vergifnis vir die maniere waarop ons ons tuiste vernietig en nog steeds skade berokken.
Heilige Gees, mag ons u wysheid soek in die besluite wat ons neem. Help ons om te verstaan dat U ons in 'n noue verhouding met u skepping en die wêreldwye gemeenskap geplaas het.
Amen.
Tom Price, fotograaf
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
