Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 21 VAN 47

Herstel: God is besig om jeug te herstel

Die mark is oorlaai met produkte wat beloof om jou jeug en jeugdigheid te help behou — en terwyl sommige die idee skep dat dit waar is, word die verbruikers tog steeds ouer.

Ons probeer almal om ons jeugdige voorkoms te behou, maar net God kan teruggee wat ons aan die binnekant verloor het. Die samelewing het baie jong mense se drome gesteel, hulle van hul uitbundigheid beroof, hul energie en lewenskragtigheid gedreineer en baie in 'n gebroke toestand gelos.

Maar God, wat die Skepper is, kan iets weer oormaak of nuut maak; Hy belowe in Joël 2:25 om die gebroke drome en verlore passies te herstel, om slaapwandelaars die lewensaar van ons gemeenskappe te maak en alles terug te gee wat ons verloor het.

Alles wat deur mense gemaak is sal vergaan; bekende manne en vroue sal kom en gaan, maar elkeen wat op die Here vertrou sal beter gemaak word as wat hulle ooit was — tot verheerliking van God.

Hemelse Vader, ek sê vir U dankie dat daar herstel vir die mensdom in u Seun, Jesus Christus, is. Here, net soos U vir my herstel, my drome, passies en energie, sê ek vir U dankie dat U ook my geslag herstel en ons met arendsvlerke laat vlieg om die uitdagings van ons tyd aan te pak. Dankie vir genade om hulle by te staan wat swak is. Amen.

Marcel Simpson, Nasionale Jeug- en Dissipelskapdirekteur: "New Testament Church of God"

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org