Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Lent Devotional: Restore

DAG 23 VAN 47

Herstel: God is besig om die kerk te herstel

Redelik onlangs het ek gesien hoe my kerk saamwerk toe 'n gemeentelid in die hospitaal was. Hulle het die gesin ondersteun met gebed, maaltye en liefde.

'n Paar jaar gelede het ek na die verhaal van 'n vrou in Ethiopië geluister, wat dieselfde soort liefde van haar selfhelpgroep beleef het. Die groep het so 'n mooi verbintenis opgebou dat hulle mekaar innig liefgehad het ten spyte van die feit dat almal so verskillend was. Toe die vrou in die hospitaal was, het die selfhelpgroep na haar kinders omgesien, vir haar kos en skoon klere gebring en selfs die hospitaalrekening betaal.

Die vrou het gesê dat sy nog nooit soveel liefde en aanvaarding van 'n groep mense beleef het nie. Prys die Here dat Hy besig is om sy kerk te herstel en ons daardeur nader aan mekaar bring. Johannes 10:10 sê dat Jesus gekom het om vir ons lewe in oorvloed te gee. Sê vandag dankie dat die kerk, 'n groep alledaagse mense, uitsonderlike dinge kan doen deur die opstandingskrag van Jesus Christus.

Dankie Here, vir die verskeidenheid mense in my kerk. Dankie dat ons, alhoewel ons verskillend is, die vermoë het om meer vir U te kan doen as ons saamwerk en mekaar liefhet. Terwyl ons saam op reis is deur die Paasverhaal, maak ons oë oop sodat ons U werklik kan sien. Help ons om U regtig te hoor, en lei ons as u kerk, om uit te reik na ander sodat hulle 'n oorvloedige lewe kan hê soos U dit bedoel het. Deur Jesus Christus ons Here. Amen.

Fiona Michael, Tearfund

Aangaande hierdie leesplan

Lent Devotional: Restore

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.

More

Baie dankie aan Tearfund wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://www.tearfund.org