Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: Onverbiddelike liefde
Tearfund en ons vennote is gedrewe deur die geloof in 'n God wat met volgehoue, innige liefde vir sy mense omgee en vir almal wat lyding ervaar. Dis hoekom ons enigiets sal doen om mense te bereik wat as onbereikbaar beskou word.
Ons het onlangs met die Mbuti-pigmeë van die Ituri reënwoud in die Demokratiese Republiek van die Kongo begin saamwerk. Hulle is nie heeltemal afgesny van die wêreld nie, want hulle het 'n naburige stam. Hulle erge armoede en kwesbaarheid het hulle egter blootgestel aan uitbuiting, veral hulle vroue en kinders.
Tog is Tearfund daar — om die toekoms van die pigmeë te verbeter, om die stigma wat hulle kniehalter uit te daag en om blywende herstel tussen die gemeenskappe te bring.
Hemelse Vader, dankie vir u volgehoue liefde vir ons. Bring asseblief hierdie Lydenstyd herstel vir die gemeenskappe in die Ituri reënwoud. Help ons ook om die volgehoue liefde wat U vir elkeen van ons het, te verstaan, sodat ons dit teenoor ons bure kan uitleef. Ons bid dit in die Naam van Jesus. Amen.
David McAllister, Tearfund
Ons bied werkswinkels aan wat op vreedsame naasbestaan gemik is, waar die pigmeë as gelykes aanvaar word, as mense wat ook as die beeld van God geskape is. Vind meer uit omtrent ons werk onder die Mbuti-pigmeë.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
