Die Lydenstyd Oordenking: HerstelVoorbeeld

Herstel: God is besig om liefde te herstel
Die Here hou daarvan om mense te herstel — fisiek, emosioneel, verstandelik, sosiaal en geestelik. God is besig om die gebroke liefde in die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) tussen die Mbuti-pigmeë en die Bantoes te herstel.
Armoede is die sosiale en strukturele nalatenskap van gebroke verhoudinge met God, onvermoë om jouself te verstaan, onregverdige verhoudinge tussen mense en uitbuiting van die omgewing. Naburige stamme beskou die pigmeë as minderwaardig en gebruik hulle om diere onwettig dood te maak en vir onwettige ontbossing van woude.
Ons werk in die DRK bring al die gemeenskappe bymekaar, lei hulle deur vyf Bybelstudies wat hulle in staat stel om dit saam te oordink. As gevolg daarvan word die ingewikkelde verhouding van minder- en meerwaardigheid en die wantroue tussen die gemeenskappe, vervang met verdraagsaamheid, liefde en die begeerte om saam te werk as dissipels van Christus.
Kom ons dank God vir die groot invloed in baie gemeenskappe in die DRK, as gevolg van die werk van ons vennote, en bid asseblief dat hierdie gemeenskappe as voorbeeld vir ander sal dien.
Ben Anguandia, Tearfund
Ons doel is dat die ander gemeenskappe die Mbuti-pigmeë as hulle gelykes sal aanvaar. Vind meer uit omtrent ons werk onder die Mbuti-pigmeë.
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie studie van Tearfund neem jou deur die Lydenstyd en sal jou aanmoedig om tyd af te staan om die goedheid van God in te drink. Lees en dink na oor maniere hoe jy sy herstellende liefde jou hele lewe lank kan uitstraal.
More
Verwante Leesplanne

Reis Saam Met Jesus — 40 Dae Lydenstyd Oordenking

Sielsrus: Sewe Dae Na Vernuwing

40 Daaglikse Oordenkings vir die Lydenstyd

Sewe Sleutels tot Emosionele Heelheid

Advent: Die Reis Tot By Kersfees

Van vrees na vertroue

'n Hart soos Jesus s'n

Geborge in Christus - 'n Studie van Efesiërs

Die Andersheid Van God
