Leesplan inligting

Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Life Principles To Live By

DAG 29 VAN 36

Die vallei ervarings in ons lewens


Lewensbeginsel 29: Ons leer meer in ons vallei ervarings as op ons bergtoppe.


Teenspoed, angs, beproewings, verdrukkings en hartseer, dien as lesse in die skool van ondervinding. Hulle bring ons na 'n plek van nuwe insig en begrip. Hulle kan ons indrukke van die wêreld en ons sieninge oor God verander, en help ons om ons gedrag te verander. Die Here is natuurlik die beste onderwyser. Hy is die Een na wie ons moet gaan vir die betekenis van enige les wat verband hou met teenspoed.


God laat teenspoed vir ten minste drie redes toe:


1. Om ons aandag te kry


Die Here gebruik 'n wye verskeidenheid metodes om ons aandag te kry wanneer dit nodig is — en teenspoed is een van hulle. Moenie traag wees om te reageer as die Here jou aandag probeer kry nie. Reageer vinnig en nederig. Hoor wat Hy vir jou te sê het.


2. As 'n toets


Met tye laat God teenspoed toe om ons te motiveer om selfondersoek te doen. Die storms van die lewe laat oppervlakkige kwessies in die niet verdwyn, en dwing ons om dinge op 'n dieper vlak te hanteer. Niks het die vermoë om ons nader aan God te bring as verdrukking nie. Dit verwyder die masker van ontkenning en onthul wie ons werklik is, asook wat ons van God, sy godheid en getrouheid glo.

Paulus het die Korintiërs so aangemoedig: "Elkeen moet eers homself ondersoek" (1 Korintiërs 11:28). Met ander woorde: "Ondersoek jou binneste en ontdek wat dryf, motiveer en lei jou in die versoeking." As dit enige iets anders as God is, is dit nie reg nie. Hy moet om elke hoek en draai in jou lewe jou motiverende faktor wees.


3. Om gedrag te verander


Dit is nie genoeg dat God ons aandag trek of ons aanmoedig om ons lewens in oënskou te neem nie. Ons moet ook toelaat dat sy Gees vrye toegang tot elke terrein het. Tensy ons ons reaksie en gedrag verander, sal ons nooit baat vind by teenspoed of groei as gevolg daarvan nie. God bied 'n uitdaging, en ons het die geleentheid om Hom te gehoorsaam of ongehoorsaam te wees. Die keuse is ons s'n, en die gevolge daarvan behoort ook aan ons.


As jy bereid is om God toe te laat om jou binneste skoon te maak — en as jy bereid is om te verander wat moet verander — sal jy nader aan Christus kom, meer volwasse wees as sy kind, en meer potensiaal hê om die liefde van God aan die wêreld rondom jou te weerspieël.



Dag 28Dag 30

Aangaande hierdie leesplan

Life Principles To Live By

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen...

More

Ons wil graag "In Touch Ministries" bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Besoek gerus https://intouch.cc/lp-journal vir meer inligting.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid