Lewensbeginsels Waarvolgens Jy Kan LeefVoorbeeld

Dis Opwindend om God te Vertrou
Lewensbeginsel 9: Om op God te vertrou beteken om verder te kyk as wat ons kan sien; om te kyk na wat God kan sien.
Op een of ander stadium sal elkeen van ons geweldige beproewings en moeilikhede in die gesig staar. Dis hoekom ons moet weet hoe om op elke bedreiging te reageer; deur vas te hou aan die soort oorwinnaarsgeloof wat verder kyk as wat ons kan sien, en kyk na wat God kan sien.
In tye van groot druk versterk God ons geloof en verdiep ons afhanklikheid van Hom. Sonder 'n sterk, blywende geloof, kan ons maklik aan versoeking en vrees toegee, veral wanneer die moeilikhede of die beproewings intens en uitgerek is.
Ongeag watter Goliat of reus jou ook al in die gesig staar, is dit nodig dat jy een waarheid diep in jou hart bêre: God het jou lief, en wanneer jy Hom vertrou, sal Hy jou help om te oorwin. Jy mag dalk deur tye van mislukking gaan. Die lewe mag dalk nie altyd uitdraai soos wat jy dit beplan het nie. Uiteindelik sal God verheerlik word, en jy sal geseënd wees.
Elke uitdaging gee 'n geleentheid vir die Here om sy getrouheid en liefde te toon. In plaas daarvan om gedagtes van vrees of mislukking te koester, besluit eerder om op God te vertrou; al weet jy nie wat die volgende dag gaan gebeur nie. Leer jouself om verder te kyk en te sien wat God sien.
Hoe kry jy daardie soort geloof?
- Herinner jouself aan oorwinnings uit die verlede.
- Verwerp ontmoedigende woorde.
- Herken die ware aard van die geveg.
- Reageer met 'n positiewe belydenis op die uitdaging.
- Maak staat op God se krag.
- Verwag die oorwinning.
Jy kan enige omstandigheid met vertroue en hoop benader, want dit is nie jou krag, wysheid, energie of mag wat die oorwinning bring nie. Oorwinning kom slegs as gevolg van Christus se vermoë. As jy jou vertroue in Hom plaas het jy 'n onweerstaanbare krag wat niemand en niks suksesvol kan teenstaan nie.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Gedurende sy meer as 60 jaar in die bediening, het dr. Charles Stanley die 30 lewensbeginsels getrou beklemtoon wat hom gelei en help groei het in sy kennis, diens en liefde vir God. Laat hom toe om jou te help om elkeen van hierdie beginsels deeglik te ondersoek, om jou te leer hoe om hulle elke dag prakties toe te pas en om jou te lei om die oorvloedige lewe te kan geniet wat Christus vir jou wil gee.
More