Leesplan inligting

Ontdek jou Finansiële PadVoorbeeld

Finding Your Financial Path

DAG 20 VAN 28

Dis die moeite werd om hard te werk.



Groot doelwitte vereis fokus, opoffering en baie harde werk. Jy moet die uitkoms met 'n passie wil hê en nee sê vir ander dinge wat om jou tyd meeding.



Om groot doelwitte in daaglikse aktiwiteite te verdeel, sal jou help om hulle te bereik. Dit is moeilik om nee te sê vir aandete saam met vriende of om te wag totdat die trui wat jy wil hê op uitverkoping is. Maar jy moet bereid wees om veranderinge te maak om sukses oor die langtermyn te sien. Een aandete minder per maand oor 12 maande kan die verskil maak tussen skuld aangaan vir 'n nuwe droër of om dit regstreeks te koop.



Ons kan nie verwag dat ons lewens verander of dat ons vryheid ervaar, as ons net praat oor wat ons beter kan doen nie. Ons almal het 'n volgende stap nodig wanneer dit kom by ons finansies, en ons moet oorgaan tot aksie as ons dinge wil verander.



Ons het almal die vermoë om geld soos amateurs of soos professionele persone te bestuur. Die verskil kom deur ondervinding en deursettingsvermoë in die maak van verstandige keuses en deur Bybelse beginsels te volg. Soos Salomo dit so wys gestel het, "harde werk bring beloning" (Spreuke 14:23).



Dink Hieroor:

1. Aan watter een ding het jy hard gewerk om te verdien? Wat het jy van volharding geleer tydens daardie ervaring?

2. Het jy al ooit begin om te begroot en toe opgehou? Wat het jou laat ophou en hoe kan jy voorkom dat dit weer gebeur?



Bid:

Jesus, help my om te volhard selfs wanneer dit moeilik is om te begroot en spaar nie lekker is nie. Gee my passie om geld te bestuur op 'n manier wat U eer.

Dag 19Dag 21

Aangaande hierdie leesplan

Finding Your Financial Path

Hierdie leesgids is geskep deur NewSpring personeel en vrywilligers om jou te help op jou finansiële reis. Lees daagliks 'n oordenking en bring tyd met God deur met behulp van die Skrif, vrae en gebede wat voorsien word....

More

We would like to thank NewSpring Church for providing this plan. For more information, please visit: www.newspring.cc

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid